|
Theunis Cronjé is ‘n
musiekskrywer en komponis in sy vrye tyd en het reeds 70
liedjies tot dusver, en die getal groei by die dag. Hy is
veelsydig en enige lid van die publiek sal hom of haarself
met hom kan vereenselwig. Hy is 35 jaar oud, skryf reeds vir
die laaste 4 jaar musiek, maar sy liefde vir musiek kom
reeds van kleintyd af. Hy het reeds ‘n paar eksklusieve
optredes by patytjies gehou, en is geliefd onder sy vriende,
en hy’s ook geken as ‘n grapmaker. Hy het ‘n liefde vir die
Afrikaanse taal, en sing graag net sy eie musiek. Daar is
ook ‘n paar engelse treffers maar sy voorliefde bly
Afrikaans.
Theunis is ‘n kontrakteur van beroep, en het ondervinding in
die musiek industrie opgedoen deur om die land te toer en
klank produksies vir kunstenaars soos Ronnie Belcher,
Phillip Moolman, Lulu van der Walt en Karien Hoffeldt
(Nadine se ma) op feeste en skole te doen. Hy het baie
ondervinding en aanvoeling vir die musiekwêreld omdat hy
sedert sy Hoërskool jare reeds al die skoolsokkies en
partytjies vir die meeste van Centurion se skole
georganiseer het. Na skool het hy instansies soos bv.
Momentum se werksfunksies en produk bekendstellings behartig.
Hy sien homself in die musiekbedryf soos ‘n moderne Johannes
Kerkorrel of selfs ‘n Coenie de Villiers. Hy het goeie
kennis van musiek skryf, maar het geen professionele- of
tersiëre opleiding in musiek ontvang nie. Al sy musiek is
gebore uit sy oor, is vars, en nuut tot die Afrikaanse mark.
Hy het in 1990 gematrikuleer aan Hoërskool Zwartkop,
Centurion. Hy het al van kleintyd af ‘n aanleg vir die
tegniese rigting getoon, en by Hoërskool Zwartkop het
Theunis sy liefde vir motors ontwikkel. Hy is ‘n vernuftige
motor werktuigkundige wat graag ou sportmotors opbou en
restoreer. Hy is ook ‘n renjaer van formaat en spog graag
met vele toekennings en eerste plekke op die baan. Theunis
hou van spoed en is tans besig met nog ‘n projek wat die
hare sal laat waai.
Hy is getroud en het sy liefde in sy lewe ontmoet op ‘n
ouderdom van 26. Hy is ook baie familie vas en spandeer
graag sy naweke saam met familie en vriende. Hy heg baie
waarde aan dit wat die hart raak, en wat mense se lewens
positief kan verander. Hy is ‘n baie reguit ou wat nie
doekies omdraai nie, en hy is ‘n man van sy woord.
|